Dit wat ons as skool aan voornemende leerders en ouers bied, sluit die volgende in:
- goeie verhoudings tussen leerders, ouers en onderwysers
- ‘n veilige skoolomgewing
- goeie geriewe vir akademie en sport
- ‘n trotse akademiese rekord, met ‘n matriekslaagsyfer wat met die heel bestes in die land vergelyk
- ‘n wye verskeidenheid van kulturele, sport en sosiale aktiwiteite waarin daar vir elke kind oorgenoeg geleenthede is om hom/haar uit te leef en sy/haar talente ten volle te ontwikkel.
Akademiese prestasie: Verskeie matrieks het die afgelope paar jaar die Wes-Kaapse ranglys gehaal of onder die eerste drie per vak in die provinsie of streek geëindig.
‘n Paar van die hoogtepunte waarna ‘n Charlie kan uitsien, is onder andere die volgende:
- Kleure-atletiek waaraan feitlik alle leerders deelneem
- Gereelde sportdae teen ander skole in die winter-kwartale wat kulmineer in die interskole teen Robertson
- Valetynsokkie, Winterbal en verskeie ander sosiale funksies
- Aktiwiteite soos die aflos-marathon, klasuitstappies, rolbaldag, musiekkonsert, toneelopvoerings, kaskarre
- Matriekafskeid en modeparade