Skoollied

Te midde van die prag
Van berg en hemeltrans,
‘n Dorpie aan die voet
Van menig gryse krans.
Die reuse kragte wek
‘n Krag weer in elk’ hart.
‘n Krag om te weerstaan
En elke hoon te tart.
Maar by dit alles soek
Ons na iets hoërs hier –
Die kennis, waar die mens
Die skepping mee versier.
Laat Ceres vrugbaar wees
Ook vir die jong verstand,
Dan roem ons steeds u naam
Deur gans ons vaderland.

Woorde:  C.J. Hofmeyr   (Skoolhoof, 1918 – 1924)
Komponis:  J.A. Conradie