Rugby

Charlie Hofmeyr beskou rugby as ‘n harde kontaksport wat met baie respek gespeel moet word. Ons speel teen verskeie sterk skole in die land en maak seker dat ons die talente van elke rugbyspeler in die skool ten volle ontwikkel. Goeie, gespesialiseerde afrigting by die sport is vir die skool baie belangrik.

Ons 1ste rugbyspan neem jaarliks aan die Baard-sportdag en die Union High sportfees deel. Hier kry ons seuns ook goeie blootstelling en die geleentheid om teen nuwe opponente kragte te meet.

Charlie Hofmeyr het 10 rugbyspanne:

  • 0/14 A & B
  • 0/15 A & B
  • 0/16 A & B
  • 0/19 A,B & C

Ons skool is ook baie bevoorreg om jaarliks Witzenberg-spelers op te lewer. Bykans elke jaar het ons ook 0/16-spelers in die Grant Khomo-groep en 0/18-spelers in die Cravenweek- en Akademieweek-spanne.

Rugbykoördineerder: mnr. JR Foreman

Terug na Sport