Revue

Sowat elke tweede jaar word ‘n revue gehou waarin alle leerders wat wil, deelneem. Hier kry ons Charlies die kans om hul talente op die verhoog ten toon te stel. Ongeveer 350 leerders word met só ‘n geleentheid betrek. Ons dogters word ook ingespan en hulle help met groepafrigting en choreografie. Dit is dus ‘n groot spanpoging tussen onderwysers en leerders. Daar is gewoonlik akteurs, dansers, sangers en instrumentaliste. Dit is altyd ‘n hoogtepunt op die kultuurkalender en help ons om ‘n gesonde balans te handhaaf tussen die akademie en sport.