Redenaars

Leerders word aangemoedig om aan redenaarskompetisies by die skool deel te neem sodat hulle blootstelling kan kry om in die openbaar te praat. Ons probeer om ‘n minimum van twee kompetisies per jaar te reël – die kinders se programme is baie vol – waar hulled an meestal oorredende toesprake lewer. Dit kan in Afrikaans of Engels aangebied word, maar soms is die vereiste dat dit tweetalig aangebied word.

Ons laat die leerders in twee afdelings deelneem naamlik, die junior afdeling vir graad 8 en 9 en die senior afdeling vir graad 10 tot 12.

Indien die geleentheid hom voordoen, neem leerders ook aan kompetisies buite skoolverband deel.