Alle stemgeregtigde Charlies kry jaarliks ‘n geleentheid om vanuit die huidige graad 11-groep ‘n leerlingraad te kies vir die volgende jaar. Die primêre taak van die leerlingraad is om die skakel tussen onderwysers, leerders en die bestuur van die skool te wees.
‘n Portefeulje word aan elke leerlingraadslid toegeken wat hy/sy tydens die termyn moet hanteer. Benewens die belangrike rol wat die leerlingraad speel in die gladde verloop van die skoolorganisasie, is dit ook verantwoordelik vir die reël van sosiale en ander aktiwiteite wat bydra tot die gesonde gees in die skool.
Gedurende die jaar word die leerlingraad aan verskeie geleenthede blootgestel om hulle leierskapvaardighede te ontwikkel. Dit is vir ons belangrik dat ons leiers goed toegerus word, nie net vir hul matriekjaar nie, maar ook vir die toekoms.
Die Leerlingraad word jaarliks tydens die Prysuitdeling in Oktober aangekondig.
2023
Voor: me. Marli Botha, Lané Giliomee (onder hoofdogter), Megan Goosen (hoofdogter), Daniël Pieters (hoofseun), Daniél Conradie (onder hoofseun), mnr. Ettienne Wentzel
Agter: Miché Mars, Mia Burger, Jani Wessels, Lawrence Jantjies, Benja Muller, Wilmar Winterbach, Johann Coetzee, Ryk van Velden, Lua Brand, Marcus Nasson