Algemene Kultuur Inligting

KULTUURRAAD

Dit is dikwels baie moeilik om te verseker dat kultuur sy regmatige plek in ‘n skool kry, maar met die ontstaan van die kultuurraad het Charlie Hofmeyr verseker dat kultuur op ‘n meer georganiseerde basis bedryf word. Daar word jaarliks ‘n groep van ongeveer 10 leerders gekies wat dan verantwoordelik is om in samewerking met onderwysers te beplan en te help organiseer aan verskillende kultuuraktiwiteite.

ATKV

Waar ons kan, moedig ons ook die leerders aan om aan ATKV-aktiwiteite deel te neem. Een hiervan wat die leerders van gr. 8 tot 12 graag aan deelneem, is die ATKV-spelathon.