Krieket

Die krieketseisoen by Charlie Hofmeyr is ‘n baie besige seisoen. Ons vorm jaarliks deel van die Witzenberg- sowel as Noord-Boland-ligas. Hier speel ons in die week- en die naweekliga.

Ons is baie opgewonde oor die jong talent wat by die skool ontwikkel word en maak seker dat die leerders die beste moontlike afrigting ontvang.

Ons 1ste krieketspan neem jaarliks aan die Punt-krieketfees deel gedurende die September-vakansie.

Ons spog met ‘n groot groep seuns wat jaarliks in onderskeie Witzenberg krieketspanne opgeneem word en is ook gelukkig om bykans elke jaar Boland-spelers op te lewer.

Charlie Hofmeyr het vier krieketspanne:

  • 0/15A
  • 0/15B
  • 0/19A
  • 0/19B

Krieketkoördineerder: mnr. JR Foreman

Terug na Sport