Die Koffiekroeg is ‘n heerlike weeklikse sosiale samekoms waar die Here geloof en geprys word en ‘n geestelike boodskap gelewer word. Die aand word gebruiklik met koffie (soms koeldrank in die hitte van Ceres se somers) afgesluit. Senior leerders kan hier ook betrokke raak deur aan te sluit by die koffiekroegkomitee.