Hokkie

By Charlie Hofmeyr is ons trots op ons wêreldklas astrobaan.  Die Astro maak die ontwikkeling van hierdie sportsoort baie makliker en bied ook aan ons leerders die beste moontlike ontwikkelingsgeleenthede. Die vaardighede wat die spelers hierdeur aanleer, maak dat Charlie Hofmeyr suksesvol met skole kan meeding wat baie groter as ons skool is.

Ons is ook die aanbieders van die jaarlikse Charlie Hofmeyr Hokkietoernooi gesamentlik met Elsie Coetzer Hokkieskool. Hierdie toernooi vind elke jaar tydens die Maart-skoolvakansie plaas. Hierdie spoggeleentheid lok skole van regoor die land. Dit bied nie net aan hulle die geleentheid vir goeie afrigting en opleiding as skeidsregters nie, maar hulle speel ook wedstryde teen skole wat hulle nie gewoonlik mee kompeteer nie. Die toernooi het in 2018 afgeskop en die belangstelling en gehalte groei van jaar tot jaar. Spanne bly in die koshuise vir die duur van die toernooi en ‘n lekker feestelike atmosfeer word by die toernooi vir die besoekers geskep.

 

Charlie Hofmeyr het die volgende hokkiespanne:

Seuns

  • 0/14A
  • 0/16A
  • 0/19A & B

Meisies

  • 0/14A
  • 0/16A
  • 0/19A,B & C

Hokkiekoördineerder: me. Anke Nel

Terug na Sport