Charlie Boys

Die Charlie Boys is ‘n groep van ongeveer 12 seuns wat lief is daarvoor om te sing. Dié seunsanggroep is gebaseer op die idee van universiteite se sêr-groepe. Ons fokus daarop om heerlike ligte, moderne liedere te sing, wat mooi is op die oor, maar wat vir die seuns ook lekker en mooi is. Die Charlie Boys word gereeld gevra om op te tree by verskillende geleenthede en is veral populêr onder die skoner geslag. Ons oefen een keer per week vir ‘n uur en dis gewoonlik ‘n uur gevul met humor en baie lag. Ons doel is om musiek te maak, maar met baie genot daarmee saam.