Ons bied jaarliks aan ons leerders die geleentheid om aan atletiek deel te neem. Nie net volg ons atletiek in die somerseisoen nie, maar baie van ons leerders is ook gedurende die winter besig met die winterseisoen se oefenprogram. Ons het jaarliks ‘n kleuresportbyeenkoms sowel as ‘n interklasbyeenkoms.
Die jaarlikse hoogtepunt is ons Interskole Atletiekbyeenkoms tussen Charlie Hofmeyr, Worcester Gimnasium, Jan van Riebeeck, Fishhoek High School, Hoërskool Dirkie Uys en Hoërskool Stellenbosch. Charlie Hofmeyr was ook die trotse wenners van die Interskole-beker in 2020 en 2022.
Spesialis afrigting by elke item wat deur die skool aangebied word, is vir ons van kardinale belang.
Ons skool lewer jaarliks leerders op wat Boland by die Wes-Kaap Kampioenskappe verteenwoordig, en selfs ook atlete wat verder deurdring na SA Hoërskool Kampioenskappe.
Die volgende atletiekitems word deur die skool aangebied:
- Naellope (lang- en kort afstande)
- Hekkies (lang- en kortafstande)
- Gewigstoot
- Diskus
- Hoogspring
- Verspring en driesprong
- Spiesgooi
Atletiekkoördineerder: mnr. JR Foreman