Noodhulp

Noodhulp by Hoërskool Charlie Hofmeyr word as ‘n baie hoë prioriteit geag. Aan die begin van elke jaar doen ons Noodhulpspan ‘n noodhulpkursus. Die helfte van die span is vlak 1 opgelei en die ander helfte van die span vlak 2. Ons het elke jaar so tussen 25 tot 30 leerders wat in die span is. Hulle is verantwoordelik vir noodhulp van alle tuis sportdae. Hulle word in skofte opgedeel en werk dan gewoonlik 1 of 2 skofte van 1 uur lank. Die hele span is ingedeel in twee (eerste helfte en tweede helfte) by die eerste rugbyspan sodat ons noodhulplede rondom die veld en langs die veld het. Met hulle rooi kazebo en baadjies lyk hulle elke naweek onmisbaar mooi en professioneel. Nie net is jy deel van ‘n span wat elke Saterdag die sportspanne bystaan nie, maar jou noodhulpsertifikaat is geldig vir 3 jaar en kan op jou CV gesit word. Noodhulp is soms ‘n uitdagende en ondankbare werk, maar as jy dit vir die regte redes doen sal jy dit beslis geniet en soveel genot daaruit put. Toewyding is beslis ‘n Noodhulp waarde wat hoog op prys gestel word.

Terug na Sport