Huis McDonald

Die skool beskik oor twee koshuise met ‘n kapasiteit van 178.

Die dogters word gehuisves in Huis Wouter Malan en die seuns in Huis McDonald. Daar word baie aandag aan die fisiese geriewe gegee om sodoende vir die leerders ‘n huis te skep waar hulle veilig voel, lekker eet en onvergeetlike herinneringe maak. Die Maccies en meisies van Huis Wouter Malan het baie pret saam – van koshuis-sokkies, ontspanningsaande, Idols, karoake en koshuisdinees.

Beide koshuise word “waardegedrewe”bestuur en ons plaas ‘n hoë premie op die moraliteit van ons leerders.

Huis McDonald se leuse is om “Manne van karakter” te bou.

Juis daarom, is die 3 woorde op ons koshuisvlag wat elke dag gehys word, vir ons só belangrik: “legacy, loyalty, character”

Omdat die koshuise gewoonlik redelik vol is, word voornemende ouers aangeraai om vroegtydig aansoek te doen.

Meer inligting is verkrygbaar by die skool of by die superintendent van die koshuis.

Aansoekvorms is slegs beskikbaar by Charlie Hofmeyr se kantoor.

 Huis McDonald

Seuns (Graad 8 – 12)

Murchisonstraat

Inwonende Hoof

Mnr. Max Michau

023 3121130 (Skool)

023 3870000 (Huis)

0835571300 (Sel)