Fasiliteite

Met die groei in leerdergetalle word die skoolgebou en geriewe voortdurend uitgebrei, en vandag beskik die skool oor die volgende geriewe:

  • ‘n moderne kantoorkompleks
  • ‘n groot en funksionele skoolsaal
  • sestien gewone klaskamers
  • twee rekenaarsentrums
  • twee wetenskaplaboratoriums
  • ‘n kunsklas
  • ‘n tegnologie-klas en -werkswinkel
  • ‘n moderne gasvryheidstudie-sentrum met ‘n kombuis en restaurant
  • ‘n studielokaal
  • ‘n kiosk
  • ‘n groot pawiljoen
  • twee rugbyvelde
  • ‘n astro
  • een hokkieveld
  • ses tennis/netbalbane
  • ‘n krieketturfblad en oefennette
  • Klub Charlie, ‘n lokaal vir sportbyeenkomste, funksies, ontspanning en ander aktiwiteite

REKENAARSENTRUMS

Die skool beskik oor twee Rekenaarsentrums vir die aanbied van Rekenaartoepassingstegnologie en die gebruik van leerders vir die doen van take, projekte, navorsing en persoonlike internetgebruik. Rekenaar-fasiliteite is ook in die koshuise beskikbaar.