Atletiek

Ons bied jaarliks aan ons leerders die geleentheid om aan atletiek deel te neem. Nie net volg ons atletiek in die somerseisoen nie, maar baie van ons leerders is ook gedurende die winter besig met die winterseisoen se oefenprogram. Ons het jaarliks ‘n kleuresportbyeenkoms sowel as ‘n interklasbyeenkoms.

Die jaarlikse hoogtepunt is ons Interskole Atletiekbyeenkoms tussen Charlie Hofmeyr, Worcester Gimnasium, Jan van Riebeeck en Hoërskool Stellenbosch. Charlie Hofmeyr is ook die trotse wenners van die Interskole-beker in 2020.

Spesialis afrigting by elke item wat deur die skool aangebied word, is vir ons van kardinale belang.

Ons atlete presteer baie goed en ons kan ook jaarliks spog met atlete wat op hoë

vlakke deelneem en presteer. Ons skool het ‘n paar Boland-kampioene sowel as SA-kampioene opgelewer oor die afgelope paar jaar. Twee Charlie Hofmeyr-leerders is in 2020 in die SA Atletiekspan opgeneem.

Die volgende atletiekitems word deur die skool aangebied:

  • Naellope (lang- en kort afstande)
  • Hekkies (lang- en kortafstande)
  • Gewigstoot
  • Diskus
  • Hoogspring
  • Verspring en driesprong
  • Spiesgooi

Atletiekkoördineerders: mnr. Aldrich van der Walt en mnr. Günther von Bentheim

Terug na Sport